Opknapping van Tiaan.com

[Ook beskikbaar in Engels: Also available in English.]

Vandag breek ’n nuwe hoofstuk vir Tiaan.com aan met die vrystelling van ’n opgegradeerde webwerf en ’n hernude begin vir 2009. Die veranderinge is meestal tegnies van aard en sluit argitekturale herstrukturering in om toekomstige opdaterings makliker te maak, maar die noemenswaardige sigbare veranderinge is soos volg.

  • Die webwerf lyk natuurlik nou anders met ’n nuwe tema en kleurskemas, soos in die vóór en skerm skote hieronder vertoon word.

    Vorige Tiaan.com tema vanaf 2005 tot 2008.
    Opgedateerde Tiaan.com tema vir 2009.

  • Die weblog aktiwiteite is geskuif na blog.Tiaan.com met onderskeibare kleure vir die Afrikaanse en Engelse inhoud, soos gesien in die komplementerende tema hieronder.

    Opgedateerde Tiaan.com Engelse tema vir 2009.

  • ’n Kortlys van onlangse inskrywings word nou aan die linkerkant van bladsye vertoon, wat navigasie na nuwer inhoud vergemaklik. Verder help ’n indeks van maandelikse argiewe (gewoonlik sigbaar regs op elke bladsy) met navigasie na ouer inhoud.
  • Die aanlyn speltoetser is opgedateer; lees meer oor daardie veranderinge in hierdie inskrywing.

Andersins behoort vorige webskakels steeds te werk en outomaties aangestuur te word na ekwivalente inhoud op die nuwe webwerf. Sien uit na meer gereelde inskrywings hierdie jaar!